AP Kerk Jeugwerf

Blokkiesraaisels

Home
Is jy geestelik fiks?
Soek 'n vriend?
Jeugsake
Wat leer die Bybel?
Jeugchat
Sê jou sê...
Blokkiesraaisels

Slim-dink vir Jesus!

Lus vir 'n lekker Bybelse Blokkiesraaisel? Jy is by die regte plek! Hieronder volg  dit.

blokkiesraaisel.jpg

Leidrade

Dwars:

1. Die afkorting vir die Ou Testament
2. Die vrou van Abram en moeder van Isak
6. Broerskind van Abram wat saam met hom uit Haran getrek het
8. Abram kom oorspronklik uit . van die Galdeers
10. Die seun van Adam en Eva wat 'n veeboer was
11. Die vaartuig wat God Noag beveel het om te bou
12 Die eerste drie letters van die plek, noord van Damaskus, tot waar  Abram en sy manne die konings agtervolg het
13. "Die Here het hulle toe van daar . verstrooi oor die hele aarde
15. Die naam van die vrou wat in Genesis 'mannin' genoem word (ou vertaling)
17. Nadat Moses en Aaron by die farao was om hulle te laat trek, het hy die Israeliete beskuldig en vir hulle gese: "Julle is ..!"
18. Die berg of bergreeks waarteen die ark tot stilstand gekom het na die sondvloed
20. Die seun van Noag uit wie Abram later gebore is
22. "Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele .. (eerste twee letters)
23. Die eerste twee letters van dit wat Noag vir God gebou het net nadat hy die ark verlaat het
24. Lameg se dogter by Silla. Sy was ook die suster van Tubal-Kain.
25. Die seun van Adam en Eva uit wie Noag later gebore is
27. Die eerste twee letters van die persoon uit die nageslag van Set wat 969 jaar oud was toe hy gesterf het
30. God het aan hom die opdrag gegee om die ark te bou
32. Die soort hout waarmee die ark gebou moes word
33. Die Pisonrivier in die tuin van Eden loop rondom die hele Gawila. Daar is goud, balsem en
..

Af:

1. Die soort plantmateriaal wat die duif in sy bek gehad het nadat Noag hom vir die tweede keer uit die ark losgelaat het
3. Die eerste drie letters van die oudste seun van Jakob
4. Dit wat Rut opgetel het in Boas se land
5. Dit wat Noag moes gebruik het om die ark waterdig te maak
7. Die naam van die rivier in die tuin van Eden wat oos van Assirie verbygeloop het
9. Een van die seuns van Noag
10. Die aartsvader met wie God 'n verbond gesluit het t.o.v. sy nageslag
14. Die seun van Adam en Eva wat 'n saaiboer was
16. .. en Silla, die twee vroue van Lameg, uit die geslag van Kain
19. Die eerste mens wat God geskape het
21. Die naam van die tuin waarin God Adam en Eva laat woon het voor die sondeval
22. Seun van Noag, uit wie later Nimrod,'n dapper jagter en eerste maghebber van die aarde, gebore is
29. As ons .. sal ons die ewige lewe beerwe
31. Abram het 'n altaar daar gebou, tussen Bet-El en ..
33. Nie die Nuwe Testament nie, maar die .. Testament
34. Afkorting vir die Nuwe Testament

 
 
Hier volg die antwoorde:
 
 

Dwars:

 

  1. OT
  2. Sarai (Gen 12:11)
  1. Lot (Gen 13:1)
  1. Ur (Gen 11:31)
  1. Abel (Gen 4:2)

11. Ark (Gen 6:14)

12. Gob (Goba [Nuwe vertaling] of Hoba [Ou vertaling]) (Gen 14:15)

13. af

15. Eva (Gen 2:23)

  1.  lui (Ex 5)

18.      Arararat (Gen 8:4)

20. Sem (Gen 11:10-32)

22. Gawila ( kan ook vertaal woord as Hawila) (Gen 2:11)

23. Altaar (Gen 8:20)

24. Naama of Naema (Gen 4:22)

25. Set (Gen 5)

27. Me (Metusalag) (Gen 5:27)

30. Noag (Gen 6:14)

32.      Goferhout (Gen 6:14)

33. Oniks (Gen 2:12)

 

Af:

 

  1. Olyfblaar (Gen 8:11)
  1. Rub (Ruben Gen 35:23)

4.   Are ( Rut 2:8)

5.   Pik (Gen 6:14)

7.   Tigris (Kyk op kaart agter in Bybel)

9.   Jafet (Gen 5:32)

10. Abram (Gen 12)

14. Kain (Gen 4:2)

16. Ada (Gen 4:19)

19. Adam (Gen 4:25)

21. Eden (Gen 2:8)

22. Gam (Gen 6:10)

29. glo

31. Si (Sigem Gen 12:6)

33. Ou

34. NT

God se Woord is die waarheid!