AP Kerk Jeugwerf

Wat leer die Bybel?

Home
Is jy geestelik fiks?
Soek 'n vriend?
Jeugsake
Wat leer die Bybel?
Jeugchat
Sê jou sê...
Blokkiesraaisels

Hoe lief het ek U Woord!

Wat leer die Bybel oor sekere sake...kry hier 'n antwoord!

Wat sê die Bybel oor...
 
Drankmisbruik: 1 Kor 5:11
 
Vloek: Jakobus 4
 
Kerkbywoning: Heb 10:26-31 en 1 Kor 12
 
Geloof: Joh 3:36
 
Versoekings: Jak 1:12-16 en 1 Kor 10:6-13
 
Christelike liefde: 1 Kor 13
 
Getuienis: Matt 6:5-15
 
Wedergeboorte: Joh 3
 
Die weg van saligheid: Rom 10:9 en Joh 14:6
 
Huwelike: 1 Kor 7
 
Christelike lewenswandel: Kol 3 en Mark 8
 
Om ander te oordeel: Matt 7
 
Die laaste dae: Matt 24 en Openb. 21-22
 
God se liefde vir ons: Luk 15 en Joh 3:16
 

Leef jou Christenskap uit...

  • Ons moet in 'n lewende verhouding met Hom staan. Hy is ons ons verlosser en saligmaker wat ons kom red uit die sonde en die dood. As ons in hom glo sal ons die ewige lewe verkry tot in ewigheid. As ons in 'n lewende verhouding met hom staan, beteken dit ons sal doen wat Hy vra. Die Here roep 'n mens met 'n besondere roeping.
  • Christene is mense met 'n besondere roeping.
  • Die Here het elke kind van Hom begenadig met ryke seëninge en gawes:
  • God het sy Heilige Gees aan jou geskenk om in jou die geloof en bekering te werk. Hy gee ook aan jou die wonderlikste eienskappe naamlik die vrug van die Gees (Gal 5:22), sodat jy vir Hom tot eer kan lewe.
  • God gee ook aan ons besondere vermoeëns en gawes, om Hom en ons naaste te dien (Joh 13:15, Rom 12:6-8; 1 Kor 12).
  • God skep ook elke dag vir ons geleenthede om daardie gawes wat ons van Hom ontvang het, te gebruik in ons verhoudings, by die skool, in die huislike omstandighede en by die kerk. Ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid (Ef 5:16) en ons moet alles doen van harte, soos vir die Here en nie vir mense nie (Kol 3:23).
  •  Die Here het ook elkeen van ons geroep om sy getuies te wees (Mt 28:19), en om mense na Hom te lei. Ons elkeen moet mee werk aan die uitbreiding van God se koninkryk (Mt 6:33).
  • Ons het elkeen ook die verantwoordelikheid as sy gemeentelede om sy gemeente te bou (1 Kor 3). Jesus Christus is die Hoof van die kerk (Ef 4:22), en elkeen van ons is in 'n amp gestel. Daar is die amp van gelowige, en die ampte van leraar, ouderling en diaken.
  • Ons moet natuurlik elke dag bybellees en bid. Iemand wat nie bid nie, kan nie in 'n lewende verhouding met die Here staan nie. As ons bybel lees, weet ons wat die Here wil hê ons moet doen. Daarom is dit 'n moet vir 'n Christen
  •   Baie belangrik!!! As ons ons Christenskap werklik wil uitlewe tot eer van die Here, dan moet ek kerk toe gaan! Ek moet deel word van die kerklike werksaamhede, die jeugaksie, gereeld VBO toe gaan, en as ek klaar belydenis afgelê het, my pligte as belydende lidmaat uitvoer tot eer van die Here.
  •   My hele lewe moet getuig daarvan dat ek 'n kind van die Here is! As ander na jou lewe kyk, moet hulle kan sien Jesus lewe in jou hart!

  

Nou die vraag? Gaan julle dit doen?

 

F   Dis nie altyd maklik nie!

F   Ons gaan teenstand kry

F   Dis nie net maanskyn en rose nie!

F   Die kerk bestaan uit mense, mense wat foute maak.

F   Die kerk is nie volmaak nie!

F   Die dominee is nie volmaak nie!

F   Vergewe mekaar as kinders van die Here

F   Kom ons help mekaar om soos nuwe mense in Jesus Christus te leef!

F   Die Here het jou nodig in sy kerk!!!

 

KOM ONS LEEF ONS CHRISTENSKAP UIT TOT EER VAN JESUS!!

jesus_het_jo_28927.gif

Wat leer die Bybel?

" Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het. Soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen." - Kol 3:13.

"Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood" - Jak 2:26.

 

Leef tot eer van die Here!