AP Kerk Jeugwerf

Is jy geestelik fiks?

Home
Is jy geestelik fiks?
Soek 'n vriend?
Jeugsake
Wat leer die Bybel?
Jeugchat
Sê jou sê...
Blokkiesraaisels

Dink hieroor... 

gym.jpg

Deesdae leef almal van ons teen 'n redelik vinnige tempo. Jy jaag hierheen en jy jaag daarheen, en daar is net nooit genoeg tyd om alles te doen nie. Die gevolg is dat ons iewers iets begin afskeep, en dikwels is dit ons geestelike lewe wat die eerste 'n knou kry ...

Dit is onmoontlik om voortdurend jou bes te doen as jy nie fiks is nie. Dieselfde geld ook in ons geestelike lewe. 

Hier is 'n paar FIKSHEIDSWENKE wat jou weer op die pad na herstel sal plaas:

  • STREK-OEFENINGE
    • Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is.  (Fil: 3:14)

 

  • ASEMHALINGSOEFENINGE
    • Laat alles wat asemhaal, die Here prys, Halleluja!  (Ps 150:6)

 

  • BREIN-OEFENINGE
    • Watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig.  (Fil 4:8)

 

  • OOG-OEFENINGE
    • Die oog gevestig op Jesus, die begin en voleinder van die geloof. (Heb. 12:2)

 

  • GESIGOEFENINGE
    • Wees altyd bly in die Here, ek herhaal wees bly.  (Fil 4:4)

  • OOR-OEFENINGE
    • Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.  (Jak 1:9)

 

  • TONG-OEFENINGE
    • Met dankbaarheid in julle harte moet julle Psalms, lofsange en ander geestelike liedere tot eer van God sing (Kol 3:16)

 

  • BEEN-OEFENINGE
    • Versterk daarom die slap hande en die lam kniee en loop die reguit pad (Heb 12:12)

 

  • HART-OEFENINGE
    • Skep vir my 'n rein hart, O God, vernuwe my Gees en maak my standvastig (Ps 51:12)

 

  • NEK-OEFENINGE
    • Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;  kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God (Jes 41:10)

 

  • HAND-OEFENINGE
    • Ek strek my uit in gebed na U toe (Ps 143:6)

 

  • ONTSPANNINGS-OEFENINGE
    • Werp al julle bekommernisse op Hom, want hy sorg vir julle. (1 Pet 5:7)

Sterkte met die oefenprogram!

Jesus is Koning!!