AP Kerk Sanddrift
Uit die Woord
Home | Jeugwerf | Uit die Woord | Preke | Ons gemeente | Ontmoet die AP Kerk | Ontmoet ons leraar | Kontak ons | Aktuele artikel | Gemeentenuus

 
Die Here leef!
(Lees: Psalm 18:47) 

neon_cross.gif

 

Wat 'n wonderlike belydenis van Dawid: "Die Here leef!" (vers 47). Hy is so vervul met die almag, krag en genade van die Here, dat hy nie anders kan nie as om dit uit te roep dat hierdie God wat hy aanbid en dien, verseker leef! As Dawid al die wonders van die Here in sy lewe aanskou: hoe die Here hom telkemale van sy vyand gered het; hoe die Here sy Rots en Heil is wat hom soveel keer van die dood verlos het, dan moet hy die Here loof vir sy goedheid. 'n Dooie god kan dit nie doen nie, want hy het geen krag nie! In die Ou Testamentiese węreld het baie mense dooie afgode met groot entoesiasme aanbid en gedien, met die hartseer gevolg dat hulle nie anders kon as om te erken dat die afgode lewelose en nikswerd goed is nie! Maar die Drie-enige God kom openbaar Homself deur sy werke, dat Hy 'n lewende God is wat vir sy kinders 'n Rots en Redder is. Hy bewys dit aan sy kinders.

Hy het dit vir ons ook kom bewys deur die stuur van sy Seun, Jesus Christus. Hy bewys daardeur sy liefde, genade en barmhartigheid aan ons – dat Hy ons graag wil red (1 Tm 2:4). Die Here gee ook aan ons die ewige lewe as ons in Hom glo. Ons sal leef tot in ewigheid, omdat Jesus leef deur die dood wat Hy oorwin het! Dat die Here leef is gewis en seker, 'n werklikheid wat niemand kan betwis nie! Kyk maar net na sy wonderbare werke in die węreld en in elkeen van ons se lewens! Loof die Here, ons lewende Here wat ons Rots en Redder is!

 

GEBED:

Here, U is die lewende Here wat aan ons die lewe gee. Dankie daarvoor!  AMEN

 

Bykomende Skrifgedeelte:  Mt 28:1-10

(Geskryf deur ds. Adriaan Swart)

Doen 'n Bybelvasvrae... Kliek die skakel hieronder
bybel_logo.gif

bybelafr120.gif