bybelafr120.gif

dieknoop.gif

AP Kerk Sanddrift
Ontmoet die AP Kerk
Home | Jeugwerf | Uit die Woord | Preke | Ons gemeente | Ontmoet die AP Kerk | Ontmoet ons leraar | Kontak ons | Aktuele artikel | Gemeentenuus

 
Wie is die AP Kerk? Watter soort kerk is ons? Hier is meer besonderhede...

Stigting en groei:

Die AP Kerkverband is in 1987 gestig in Pretoria met 3000 lidmate landswyd. Vandag is daar ongeveer 50 000 lidmate in 246 gemeentes in Suid-Afrika, Namibië, Zambië en Paraquay.

Kerkbeleid:
Die AP Kerk:

-         Is 'n kerk van Jesus Christus;

-         Is 'n Protestantse Kerk;

-         Is 'n Gereformeerde Kerk, 'n spruit van die kerkhervorming van die 16 de eeu, 'n spruit wat ware kerk van Christus wil wees volgens die Calvinistiese vertolking van die Skrifinhoud;

-         Is 'n Afrikaanse Kerk;

-         Aanvaar die Bybel, die hele Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God;

-         Glo in die Drie-enige God(Vader, Seun en Heilige Gees) soos Hy Hom in sy Woord openbaar;

-         Glo dat die waarhede van God se Woord betroubaar saamgevat is in die belydenisskrifte (Twaalf Artikels; Geloofsbelydenis van Athanasius; Geloofsbelydenis van Nicea; die Nederlandse geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus; die Dordtse leerreëls) belydenisskrifte wat deur alle eg-gereformeerde kerke aanvaar word;

-         Verkondig die volle Raad van God soos in sy Woord geopenbaar;

-         Weer alle partypolitiek uit sy prediking, huisbesoek, verbondsonderrig en ander kerklike werksaamhede;

-         Erken en respekteer die vryheid in selfstandigheid van die plaaslike kerk(gemeente) as volledig kerk van Christus, onder leiding toesig en regering van die plaaslike kerkraad(diakens, ouderlinge en predikant) en handhaaf 'n kerkorde wat gebaseer is op die presbiteriale kerkregeringstelsel, ooreenkomstig die beginsels van Dordrecht;

-         Maak groot erns met die erediens, met die verkondiging van God se Woord, met die sakramente(doop en nagmaal), met die kerklike tug, die onderrig van verbondskinders en die opleiding van predikante;

-         Werk saam in meerdere vergaderinge, naamlik in ringe en in die sinode, waar elke plaaslike gemeente reg op gelyke verteenwoordiging het;

-         Ag dit sy roeping om barmhartigheidsdiens, evangelisasie en sendingwerk te doen;

-         Erken en respekteer die verinheemsing van Christus se kerk onder mense, dit wil sê dat in elke volk die mense wat in Christus glo, 'n eie kerk vorm, en dat gelowiges gered word uit verskeie volkere;

-         Soek samewerking met ander Christelike kerke wat aan God se Woord getrou bly, en verkondig die Woord van God aan ander Christelike Kerke wat van die Woord afgedwaal het.

 

Soort kerk:

Die AP Kerk is 'n gereformeerde kerk van Jesus Christus onder Afrikaners.

alfa.jpg

powered by lycos
SEARCH:Tripod The Web

bybel_logo.gif

dominee.jpg

cooltext11855532.jpg

virafrbut1.gif