AP Kerk Sanddrift
Gemeentenuus
Home | Jeugwerf | Uit die Woord | Preke | Ons gemeente | Ontmoet die AP Kerk | Ontmoet ons leraar | Kontak ons | Aktuele artikel | Gemeentenuus

 
Ons gemeente groei!!!

'n Familie vir Christus!

Met groot dankbaarheid teenoor die Here, het ons gemeente die laaste 8 maande met 18% gegroei. Sanddrift het, net soos talle ander gemeentes, 'n negatiewe groei gehad die laaste paar jaar.
 
Nadat ons 'n voltydse leraar beroep het, ds. Adriaan Swart, en nadat die gemeente intensiewe bediening ontvang het van die leraar en die kerkraad, het sake baie positief begin lyk. Talle nuwe huisgesinne het begin aansluit by die gemeente, sodat nog twee nuwe wyke gestig moes word om die nuwe lidmate te akkommodeer.
 
Ons is tans 137 belydende lidmate en 54 kinders. 'n Totaal van 191 lidmate.
 
Ons bring aan die Here al die dank en eer!
 
1 Kor 3:6 "God het laat groei!"

Vir navrae skakel 012-277-1236