AP Kerk Sanddrift
Ons gemeente
Home | Jeugwerf | Uit die Woord | Preke | Ons gemeente | Ontmoet die AP Kerk | Ontmoet ons leraar | Kontak ons | Aktuele artikel | Gemeentenuus

 
Ons doel is om altyd getrou aan die Woord en Jesus Christus die Hoof van die kerk te wees.

bybel.jpg

Tussen die Bosveld se doringbome in die besproeingswêreld, ongeveer 25km uit Brits, is die AP Kerk Sanddrift geleë. Die gemeente is gestig op 25 Januarie 1988 deur ds. MC Adendorff met 102 lidmate. Daar was 'n bemoedigende groei in die gemeente tot 233 lidmate in 1996. Daarna kom 'n daling in lidmaatgetalle as gevolg van droogte, staatkundige en ekonomiese faktore, sodat die gemeente tans 165 lidmate is.

Van die begin af is daar 'n baie liefdevolle en toegewyde gees onder die lidmate. Daar is hard gewerk om fondse in te samel sodat 'n eie kerkgebou opgerig kon word. Die Here het mildelik voorsien, omdat 'n nuwe kerk gebou kon word en op 18 Augustus 1991 ingebruik geneem kon word.

 'n Vaste geloof en 'n helder visie om 'n ideaal te verwesenlik, in diepe afhanklikheid van die Here, het die deurslag gegee. Sedert die ontstaan van die gemeente was daar nooit 'n tekort aan kerkraadslede, 'n gewillige vroue-aksie of voldoende verbondsonderrig personeel nie.

Die eerste leraar was ds. MP Taute wat gedien het van 20 Februarie 1988 tot 22 Junie 1997.

Daarna was die gemeente eers vir 'n tyd herderloos, totdat ds. J. Schutte beroep is en op 16 Januarie 2000 bevestig is in die gemeente. Hy het egter net 'n jaar gedien tot 11 Februarie 2001.

Intussen het die gemeente gebruik gemaak van aflos leraars en teologie studente, tot in Maart 2003 toe ds.Adriaan Swart beroep is na die gemeente. Hy het die beroep aanvaar en word op 20 Julie 2003 bevestig as leraar in ons gemeente.

Die Here voorsien steeds dag tot dag, en dis vir ons 'n voorreg om deel te wees om sy koninkryk hier op aarde te bou!

Aan die Here al die eer!